Location

De Mistkraal Cottages are situated on a working citrus farm in the Mistkraal region, on the outskirts of Patensie. Patensie is located in the Gamtoos Valley, adjacent to the Baviaanskloof Mega Reserve. 

A mere hour’s drive from Port Elizabeth, 45 minutes from St Francis Bay and half an hour from Jeffreys Bay, this Eastern Cape jewel should be experienced at least once in your lifetime!

The Potgieter family, fifth generation citrus farmers, warmly welcomes you to De Mistkraal.

 

 "Stukkie Geskiedenis" (History of Demistkraal)

Die eerste inwoners van Mistkraal

Die Oorspronklike plaas Mistkraal het 2213 morg beslaan,  ‘n gedeelte is in 1818 aan Johan Diederick Bernard Neveling toegeken en teen 1837 was ‘n gedeelte ook in die besit van Salomon Ferreira. Teen 1874 kom die name van Helgard Pieter Meyer en George Frederick Rautenbach op gedeeltes van die titel aktes voor.

Die Potgieters van Mistkraal

Hendrik Potgieter het by Gheis in die Suurveld gewoon, sy seun Basie (Theunis Hermanus), het as ‘n rebel in die Anglo-Boereoorlog geveg en het grond in Mistkraal gekoop. Hy het met Cornelia Aletta Marais getrou wie se Pa self ook in Mistkraal geboer het.  Uit die huwelik is twee seuns gebore: Hendrik Eduard Salomon (Pollie) en George Frederick (Bearie) en twee dogters, Wilhelmina Elizabeth (Minnie) en Martha Louisa.  Die twee broers het die plaas by hulle vader oorgeneem en saam daarop geboer.  Slegs George het kinders gehad, twee seuns gebore uit sy huwelik met Elizabeth Adlem (Bettie),  Theunis Hermanus(Hermanus) en Christiaan Frederick (Chris).  George is in die jaar 2000 op die rype ouderdom van 90 oorlede, sy vrou Bettie woon nog in hulle woning op die plaas.  Hulle oudste seun Hermanus boer op die familieplaas en woon  saam met sy vrou Linda in die ou opstal.  Hulle twee dogters Jansie en Elbie woon ook in die vallei.  Jansie, getroud met Deon Both, boer en woon in Mistkraal.  Saam met Elbie en die res van die Potgieter gesin sien hulle uit om iedereen op die plaas te verwelkom en natuurlik in die lieflike Gamtoosvallei.

Copyright © 2014. All Rights Reserved.